Afrikaans Is Lekker 2026
Overview
Afrikaans Is Lekker 2026: 'n Legendariese Musiekervaring in Amsterdam!
LEKKERDER AS LEKKER EN GROTER AS GROOT, maar tog so intiem en persoonlik soos altyd! Dit is wat jy kan verwag van die AFRIKAANS IS LEKKER 2026 konsert wat op Saterdag, 16 Mei 2026, by die Theater Amsterdam plaasvind. Dit is die eerste keer in jare dat die legendariese Steve Hofmeyr weer sy eie unieke konsert in Nederland hou, terwyl dit Snotkop se heel eerste optrede in die gewilde wêreldland sal wees.
Hierdie magdom van veelsydige talent sluit ook Liezel Pieters in, wat die aand se musiekaanbieding sal verryk. Die konsert beloof om 'n onvergeetlike Afrikaanse musiekervaring te wees en soos oudergewoonte sal die GROOTSTE Afrikaanse Sokkie na afloop van die vertoning plaasvind - hierdié keer wel met 'n paar verrassings.
Volgens Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo en organiseerder van die gebeurtenis, is dit vir hulle ‘n prioriteit om aan die behoeftes van Afrikaanse musiekliefhebbers in Nederland te voorsien. “Ons is baie trots op die konserte. Ons is ‘n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by Afrikaans. Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om die konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?”
Maak gereed vir 'n aand van pure Afrikaanse musiek, lekker kuier, en groot LEKKERte!
Ons sien uit om JOU daar te sien!
Good to know
Highlights
- 4 hours 30 minutes
- In person
Refund Policy
Location
Theater Amsterdam
5 Danzigerkade
1013 AP Amsterdam Netherlands
How do you want to get there?
Organized by
Followers
--
Events
--
Hosting
--