Venster Acties
Jo Black - Hoop in Afrikaans (Amsterdam)
Kom deel in 'n magiese gevoel van samehorigheid wanneer Jo Black HOOP IN AFRIKAANS op Saterdag, 15 Julie, na Amsterdam bring!
Waar en wanneer
Datum en tijd
za. 15 jul. 2023 18:30 - 20:30 CEST
Locatie
Theater Amsterdam 5 Danzigerkade 1013 AP Amsterdam Netherlands
Beleid voor refunds
Over dit evenement
- 2 uren
- eTicket voor mobiel
JO BLACK vir SLEGS EEN AAND in Amsterdam te sien
Op eie bodem is die bebaarde sanger Jo Black bekend vir sy positiewe, opbouende musiek en die boodskap van hoop wat hy landwyd uitdra.
Dié gewilde rasperstemsanger, wat ook as televisieaanbieder en beskermheer van sy eie liefdadigheidsorganisasie optree, bring ook binnekort inspirerende musiek en stories van hoop na internasionale gehore.
Jo is slegs vir een aand op Saterdag 15 Julie te sien op die verhoog van die gesogte Theater Amsterdam.
Dit is die eerste keer wat Jo sy treffers soos Bring die hoop weer terug, Skepe en Voel jy die genade na konsertgangers in dié Nederlandse hoofstad bring. Die voorvertoning word deur 'n ander geliefde Afrikaanse sanger, Dewald Wasserfall, opgevoer. Dewald woon ook deesdae in Nederland.
Die eksklusiewe konsert, HOOP IN AFRIKAANS, gaan die talentvolle sanger en liedjieskrywer se musiekvernuf ten toon stel en bewys waarom Jo Black een van Suid-Afrika se grootse musieksterre is.
Die konsert in Amsterdam vorm deel van die Europese been van Jo se internasionale toer.
“Ek kan nie wag om my tasse te pak en my boodskap van hoop in die buiteland te deel nie,” sê Jo.
“Ek hoop Europa en Brittanje is gereed, want ek is slaggereed om almal te ontmoet. Ek is geseënd met die geleentheid om voor ‘n internasionale gehoor op te tree en ek sien uit daarna om in die buiteland te kuier.”
Jo se konsert in Amsterdam volg op ‘n dié van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se suksesvolle vertonings in die Theater Amsterdam.
Demi Lee Moore het in September 2022 ‘n uiters suksesvolle konsert gehad in dié gewilde wêreldstad, waar derduisende Suid-Afrikaners tans ook ‘n heenkome vind.
Nataniël is was Saterdag 13 Mei in die Theater Amsterdam te sien. Die kaartjies vir hierdie vertoning was sommer gou uitverkoop en het meer as 1 000 konsertgangers dit saam geniet.
Dit is die derde konsert wat deur The Marketing Zoo georganiseer word. “Ons is baie trots op die konserte. Ons is ‘n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by ons mense in Suid-Afrika,” sê Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo , wat ook deesdae woonagtig is in Nederland.
“Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?
“Die afgelope twee konserte was baie goed ontvang, dus raai ons mense aan om vroegtydig kaartjies te koop om teleurstelling te voorkom. Eerste kaartjies kon weer teen ñ spesiale tarief bekom word.”
Nog ‘n groot, fantastiese, Suid-Afrikaanse naam of twee sal in September in Amsterdam op die planke te sien wees vir ñ unieke konsep - vir nou is dit nog ñ verrassing. Hou solank 2 September oop.
HOOP IN AFRIKAANS deur Jo Black is 60 minute lank en beloof om presies te doen waarvoor dit staan. “Ek het altyd hoop nodig en daarom weet ek mense het ook” voeg Jo by.
Beperkte VIP kaartjies is beskikbaar en sluit spesiale ingang, voorste sitplekke, 'n verwelkomingsdrankie deur Six Dog Gin, die geleentheid om vir Jo Black te ontmoet, en meer in.
Loer gerus hier na die ongelooflike Theater Amsterdam, sentraal geleë met toeganklike parkering en publieke vervoer - https://letszoip.com/theater
Kinders is welkom, teen die normale tariewe. Geen drank sal aan onder 18's verkoop word by die kroeg nie. Eet- en drinkgoed sal te koop wees.
Facebook: https://www.facebook.com/JoBlack8
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXI3BBQCSv4MGiiYZq8PCXA
Instagram https://www.instagram.com/joblack8/?hl=en
Schedule:
Doors open to venue 17:00 - 18:30
Doors open to theatre 17:30 - 18:30
Show Start with Speeches 18:30 - 18:40
Dewald Wasserfall Show 18:40 - 19:20
Quick Interval / Break 19:20 - 19:30
Jo Black Show 19:30 - 20:30
VIP Meet & Greet 20:30 - 23:00
Bars open 20:30 - 23:00
Venue close 24:00
Expect proudly South-African food & stalls in the foyer, before the show starts.
*Meet & greet for VIP tickets only *Unreserved seating *Service fees are applicable
*All ages welcome *No refunds
<<<< TERMS & CONDITIONS APPLY >>>>